Onwelkome Gaste
Muishonde van die
wêreld, om in plekke soos Amerika of Kanada te kom ʼn vreeslike proses en jy mag
niks daar koop of probeer verkoop nie. Reguit Fort Knox toe met jou!
Natuurlik
soos die mensdom is veroorsaak dit ʼn lewendige smokkelary met prima produkte.
In elke stad is daar ten minste een Portugese slagter wat biltong en droëwors
verkoop.
By
sy oupa in Springs geleer. Dis wettig maar oo daai etiketlose bottels diep in
sy stoorkamer weggesteek. Dis verkwansel teen mega dollars en net bedoel vir
naby kennise. Ja, jy het weer reggeraai, KWV Roodeberg!
Toe breek die jaar 1992 aan, sanksies word opgehef maar mens is maar versigtig,
wie weet wat dalk net kan gebeur?
Ons
klim af in New York en vang die geel taxi. Die bestuurder so ʼn lenige ou wat
lyk soos ʼn Nigeriër. “Now where are you guys from?”
Ons
sluk twee keer en die waarheid kom stotterend uit, “Uh, uh … South Africa …”
Net
daar op die snelweg trek hy van die pad af en briek met huilende bande, “I hate
South Africans! Get out of my cab … now!”
Ek
en Reinie tuur na mekaar, “Wat nou?”
“But
sir, this is the middle of the highway …”
“Get
out!!” Ons klim toe maar uit en begin ons bagasie uitlaai. Al hoop nou vir ons
is om te probeer ryloop!
Hy
klim uit, gryp ons hande en gee ons ʼn stywe druk terwyl hy van oor tot oor lag!
Die
pragtige waarheid kom uit, hy kom van die Wes-Indiese Eilande en vir die heel
eerste keer ooit speel ons teen hulle … krieket!
Vriende
vir altyd!


0 opmerkings:
Plaas 'n opmerking
Teken in op Plaas opmerkings [Atom]
<< Tuis